Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kweekvlei se kleinboere kry tweede asem

Kweekvlei se kleinboere kry tweede asem
 
2005-12-21


n TWEEDE kans - dit is wat die kleinboere van Kweekvlei buite Wellington gekry het met ’n inspuiting van R830 000 van SAWIT.

Na meer as ’n jaar se struweling tussen die vorige twee direksies, was die plaas op die randjie van bankrotskap.

“Ons het egter sterk gevoel oor julle, omdat julle so sterk voel oor die plaas,” het Charles Erasmus, hoof uitvoerende amptenaar van SAWIT, op ’n onlangse vergadering aan die lede gesê.

Hy sê met die skenking van R830 000 van SAWIT en ’n goeie oes in 2006, sal hul koppe deur wees.

Die nuwe direksie wat onlangs gekies is, werk nou saam met SAWIT.

Hulle is op die oomblik besig met oesvoorbereidings en daar word ook onderhoude gevoer met kandidate vir plaasbestuurder.

Dié behoort vroeg volgende jaar aangestel te word.

SAWIT het ook die boeke nagegaan en tot die gevolgtrekking gekom dat die vaste bates van só ’n aard is, dat die 74 lede die eerste keer in vyf jaar ’n dividend kan ontvang.

’n Dividend van R3000 per lid is verklaar. Dit is uitbetaal in ’n kruide-nierswarebewys van R1000, plus R2000 kontant elk.

* Kweekvlei is 10 km noord van Wellington in Agter Groenberg.

Kweekvlei is deur Biz Afrika 1781, met ‘n ledetal van 74, aangekoop met behulp van ‘n skenking van Departement Grondsake (R3 miljoen LRAD-toekenning) en ‘n lening van die Landbank (R2 miljoen.

Die hoofprodukte van Kweekvlei is grootmaat ongepasteuriseerde melk, wit en rooi wyndruiwe, sowat 300 ton.

Biz Afrika 1781 BPK is die eerste swart bemagtigingsgroep in die Boland wat ‘n plaas ten volle besit dmv die grondhervormingsinisiatief van die regering.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za