Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiekfees by Amfiteater

Musiekfees by Amfiteater
 
2005-12-21


DIE vakansieprogram by die Paarlse Amfiteater word Vrydag afgesluit met Afrikiti, wat die grootste Afrikaanse produksie ooit is met sterre soos Rina Hugo, Sibongile Khumalo, Hi 5, Soli Philander en Nina Swart.

Die ATKV is vanjaar 75 jaar oud, en vier dit deur meer as 40 Afrikiti’s wat landswyd gehou word.

Die teks is spesiaal vir die ATKV geskryf, en musiek en ’n oudiovisuele vertoning word slim ineengevleg om die pad van Afrikaans en Suid-Afrika die afgelope 75 jaar te beskryf.

Die kaartjies vir die vertoning by die Amfiteater, wat om 20:30 begin, kos R56 en R85. Bespreek by 872-1002.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za