Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Besondere kuns

Besondere kuns
 
2005-12-21


’n UITSTALLING, Uninterrupted Space, word van 25 Januarie tot 1 Februarie in Kaapstad in samewerking met Beyerskloof aangebied, waar kuns, klere ontwerp, argitektuur, musiek en kulinêre kunste ’n ononderbroke spasie deel.

Die plek is The Wellington 7b, Lang Markstraat 096, Kaapstad en die kunstenaars is Jolette le Roux (klere), Lara Kruger (skone kuns), Melanie Alston en Wolf Lubisch (argitekte), Riaan Nieuwenhuis (musikant), Beyers Truter (wynmaker) en Brendon Barnard (grafiese ontwerper).

Ononderbroke Spasie is die produk van die gedeelde kreatiewe visie van kunstenaar, Lara Kruger en mode ontwerper, Jolette le Roux. Die uitstalling fokus op die interaksie van die individu, met sy/haar omgewing.

Vir inligting oor die kunstenaars kontak Lara by 082-595-4147 of larakruger@ya hoo.com. Kontak Johanita by 083-704-4866 met navrae ivm uitnodigings na die opening.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za