Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afgryslike taalgebruik 'n bekommernis

Afgryslike taalgebruik 'n bekommernis
 
2005-12-21


INWONERS van Laer Uitsig in Wellington het onlangs die volgende nota met uiters swak Afrikaans in hulle posbusse ontvang en is nou erg bekommerd.

Dit lui: “Carp Civils CC December 2005 Aan: Muscadel, New Cross & Hanepoot Straat, Residensie Vernuwing van bestaanlike water hooflyn.

“Carp Civils CC is benoem deur die Drakenstein Municipaliteit om die water hooflyn te rehabiliteer. Die voortduring van die kontrak is by benardering 10 weeke vanaf 16 Jan 2006.
“U sal op hoogte van sake 48 uure in vooruitgang vaneer die watervoorraad sal tydelik af wees.
“Ons verskoning vir eenige ongemak en sal probeer om eenige disrupsie kort te hou.
U Dienswillige”

As Carp Civils se professionaliteit aan hulle taalgebruik gemeet kan word, dan is Laer Uitsig se “bestaanlike” inwoners in vir groot probleme.

Sowat van onprofessionaliteit is skreiend - selfs ‘n laerskoolkind sal nie 7 eenvoudige spelfoute, ten minste 10 basiese taalfoute en nie een korrek-gekonstrueerde sin verkeerd kry nie.

As ek Drakenstein Munisipaliteit was, sou ek nie graag my naam aan so ‘n nota gekoppel wou hê nie.

Ek hoop regtig Carp Civils se werk is meer professioneel as hulle briefwisseling anders voorsien ek ernstige “disrupsies” in die “vooruitgang”!

“Dienswillige” inwoner!

Die Waarnemende Munisipale Bestuurder reageer:

Dit is normaalweg die reëling dat kennisgewings van hierdie aard eers aan die munisipaliteit voorgelê word voor verspreiding aan die publiek.

In hierdie geval het ‘n werknemer van die betrokke firma op eie inisiatief opgetree.

Die saak is onmiddellik met die firma opgeneem, en sal reggestel word.

Carp Civils het ‘n uitstekende rekord in die Wes-Kaap wat betref pyp-vervangings deur middel van slootlose metodes, en word vir etlike jare deur verskeie munisipaliteite, insluitend Drakenstein, vir hierdie doel gebruik.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za