Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Parkeeraanwysers pla by Mall

Parkeeraanwysers pla by Mall
 
2005-12-21


DIE Paarl Mall is pragtig en iets om op trots te wees. Ek hou van die maklike toegang en wye verskeidenheid van winkels.

Groot was my teleurstelling egter toe ek sien dat ek weer lastig geval word deur parkeeraanwysers.

Ek koop juis nie meer in die midde-dorp oor hierdie lastigheid nie en het so gehoop dat met die nuwe Mall sal ek nou in vrede my inkopies gaan doen. Maar helaas...

My standpunt is die volgende:
Die Mall moet self die parkeeraanwysers betaal en dit nie afwentel op die vuisvoos-verbruiker nie.

Ek soek nie iemand wat vir my wys waar om te parkeer nie, ek het self oë om te kan sien en ek benodig nie iemand om vir my te beduie hoe om te parkeer en weer uit te ry nie. Ek het al meer as 40 jaar my lisensie.

Ek weet dat daar mense sal wees wat sê dit is werkskepping. Laat dit dan so wees, maar moet hierdie fasiliteit nie op my afdwing nie.

Omdat ons naby die Mall bly, gaan ons soms selfs tot vyf keer op een dag na die Mall. As ek moet betaal vir elke keer as ek daar kom, dan kan ek maar net sowel by my ou plek in Suider-Paarl koop, waar daar sekuriteit is, maar waar jy nie lastig geval word nie.

Ander inwoners met wie ek gesels het, voel dieselfde teleurstelling.

Anti-Plekaanwysers

Die bestuurder van Paarl Mall, André Williams, reageer: Ons streef daarna om ten alle tye vir almal ‘n positiewe inkopie-ervaring te skep.

Die parkeeraanwysers is opgeleide sekuriteitswagte wat aangestel is om die parkeerareas vir ons besoekers te beveilig.

Die bestuurders van die span parkeeraanwysers word almal met ‘n radio toegerus wat hulle met die sekuriteitsbeheersentrum in die Mall verbind. Die parkeeraanwysers word ook opgelei om die kliënte hoflik te benader.

Daar was wel klagtes van parkeeraanwysers wat knaend was en daarom het die sekuriteitsmaatskappy besluit om meer as een bestuurder in die parkeerareas op diens te hê, om sodoende uitstekende sekuriteitsdiens te lewer.

Dit is ook verblydend om te meld dat daar sedert die opening van die Mall nog geen inbrake in motors of gesteelde voertuie gerapporteer was nie.

Om sekuriteit op te skerp, is daar ook besluit om ‘n verder twee sekuriteitswagte in die parkeerarea aan te stel om die parkeeraanwysers in hulle daaglikse taak te assisteer.

Wat betref die fooitjies, dit is nie verpligtend nie en elkeen se persoonlike keuse, of hy wel wil gee, en indien wel, hoeveel.

Die teenwoordigheid van sekuriteit in die parkeerareas skep ‘n gevoel van veiligheid vir al ons kliënte en is ‘n algemene gebruik by sentrums landwyd.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za