Brits lei Boland-span na SA Kampioenskappe
2005-03-31
DIE keurders van Boland Atletiek het ’n span van 32 atlete gekies wat op 15 en 16 April in Durban aan die SA Senior Atletiekkampioenskappe sal deelneem.
Die Boland Senior Span sal aangevoer word deur Okkert Brits, Wêreldbeker- en Statebond-kampioen.
Brits sal hoop om sy titel as SA paalspring-kampioen vir die 13de agtereenvolgende keer suksesvol te verdedig by dié byeenkoms.
Die Olimpiese atlete Frans Kruger (diskus), Janice Josephs (100m en 200m) en Werner Smit (hamergooi) is aldrie deesdae Matie-atlete en is ook in die Boland-span opgeneem.
Paarl atlete wat in die span opgeneem is, is Nathan Beukes (800m), Keenan Watson (VS), Elmarco Mathews (DS), Isak Nel (20kmS), Sors Joubert (Tienkamp), Nicole Marais (800m en 1500m), Monique Balsamo (100mH en 400mH) en Marné van der Burgh (PS). Die Boland Senior Span het verlede jaar sewe medaljes by dié kampioenskappe verower.
Die volledige span is Cedric Arendse (800m), Garreth Maarman (800m), Nathan Beukes (800m), Rex Kelfkens (800m), Hans-Jurie Muller (1500m), Marius Hendricks (5000m), Piet Jacobs (10000m), Keenan Watson (VS), Elmarco Mathews (DS), Adrian Williams (HS), Okkert Brits (PS), Fanie Jacobs (PS), Pieter van Breda (PS), Johan du Plessis (PS), Ross Jordaan (GS), Frantz Kruger (DG), Werner Smit (HG), Isak Nel (20kmS), Sors Joubert (Tienkamp), Johan Koen (Tienkamp), Janice Josephs (100m en 200m), Lizelle Kleinhans (400m), Eviline Julies (800m), Nicole Marais (800m en 1500m), Monique Balsamo (100mH en 400mH), Marlize Cornelisson (VS), Annelie van Wyk (PS), Marné van der Burgh (PS), Lila Rorich (PS), Karin le Roux (HG), Anje Crocker (HG), Nicole Nel (SG).
Die spanbestuur is dr Emily Pienaar, Ronel Beukes, Pieter Daniels, Basil Jantjies en Chauncey Johnson.
More
News
|