Dis weer tyd vir Wellington se ses-'n-kant toernooi
2006-01-12
DIE Wellington Krieketklub spog al vir die afgelope paar jaar dat hy die grootste ses-aan-’n-kant kriekettoernooi in die Wes-Kaap aanbied.
Op 21 Januarie sal dié gewilde McCarthy Toyota Paarl Ses-’n-kant Kriekettoernooi weer op Wellington Krieketklub se Pen Basson-veld aangebied word.
Sestien spanne sal mekaar op die veld die stryd aansê terwyl vriende en familie hulle van langs die kantlyn sal aanmoedig. Die eerste wedstryd skop om 08:00 af, met die plaat- en bekereindstryde wat omstreeks 16:00 sal begin.
Toeskouers kan oudergewoonte stylvolle grenshoue en reuse sesse te wagte wees aangesien die kolwers dikwels met groot genot onder die boulwerk inklim.
’n Groot verskeidenheid eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word, asook ’n volledige braaivleis-ete teen R25. Kinders sal hulself kan vermaak op die springkastele.
More
News
|