Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl op dreef vir Super 8 insluiting

Paarl op dreef vir Super 8 insluiting
 
2006-01-12


DIE Novel Paarl Krieketklub het sy kanse om na die Super 8 kompetisie deur te dring, Saterdag versterk toe hy vir Bergrivier met 37 lopies geklop het.

Bergrivier wen die loot en stuur die tuisspan in om te kolf.
In die 14de beurt is Paarl met sy rug teen die muur op 42/3.

’n Vennootskap van 74 lopies deur Godfrey Stevens (38 4x4) en Lee-Roy Walters (58 4x6) bring die tuisspan se kolfbeurt op koers.

Met die telling op 148/4 in die 47ste beurt stort die Paarliete op dramatiese wyse in duie en verloor hul laaste ses kolwers met slegs 22 lopies wat by die totaal gevoeg word, en nog twee boulbeurt oor.

Lincoln Dampies (2/20), Lester Hendricks (2/38) en Ashley de Vries (3/32) was die boulers wat die kolwers behoorlik vasgepen het.

Swak hardloopwerk tussen die paaltjies het ook daartoe gelei dat twee paaltjies in die slag gebly het.

Die besoekers moes teen ’n gemiddelde van drie lopies per boulbeurt kolf vir ’n oorwinning.

Adiel Cassiem (40 4x5, 6x1) en Denver Isaacs (20 4x4) spring dan ook blitsig weg en dit lyk of die wedstryd vroeg gaan eindig.

Paarl se kaptein, Lynal Jansen, en Anwell Newman neem in die 12de beurt, met die telling op 52/0, die boulwerk oor en toe begin die poppe dans.

Die besoekers is teen die grond in die 23ste beurt nadat Newman (4/17 in 6bb) en Janse (2/15 in 5bb) die telling op 84/6 bring.

Bergrivier verloor sy laaste paaltjie in die 39ste beurt met die telling op 133.

Ryan Mouton (20nun 4x3, 6x1) het aan die einde moedig probeer om die wedstryd vir sy span te wen.

Newman eindig die wedstryd met ’n boulontleding van 5/29 in 10 boulbeurte wat hom dan ook die toekenning vir speler van die wedstryd besorg.

Paarl II het gelykop gespeel teen Bergrivier II op Weltevrede sportveld.
Die besoekers kolf eerste en teken ’n reuse 321 lopies vir die verlies van ses paaltjies aan.

Vir die Paarl het Kurt Martin ’n pragtige beurt gespeel. Sy onoorwone 140 het 19 grenshoue en vyf sesse ingesluit.

Hy is goed bygestaan deur Carlo Crotz (45 4x6), William Petersen (43 4x5) en Alfredo Adams (40nun 4x5, 6x1).

Bergrivier se beste boulers was N Thomas (3/38) en O Japhta (3/56).
Die tuisspan het nooit gelyk of hulle met ywer die teiken wou jaag nie en die wedstryd eindig onbeslis met die telling op 149/5.

A Claasen (29 4x3), H Pharaoh (52 4x10) en O Jepfta (26nun 4x3) het Bergrivier se lopies gekry.

Alfredo Adams (2/42) was Paarl se beste bouler. Kurt Martin is as die speler van die wedstryd aangewys.

Saterdag speel Paarl in sy tweede derby van die seisoen teen Young Peoples op Daljosafat terwyl Paarl II en III op die Parys-veld speel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za