Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete moet vroeer vorm bereik

Atlete moet vroeer vorm bereik
 
2006-01-12


ATLETE en afrigters in die Boland moet kennis neem dat vanjaar se SA Senior Baan- en Veldkampioenskappe reeds vroeg in Februarie plaasvind.

Die kampioenskappe is vervroeg weens die Statebond Spele wat van 15 tot 26 Maart plaasvind.

Die SA Kampioenskappe word op 10 en 11 Februarie gehou om atlete die kans te gee om vir die Statebond Spele te kwalifiseer.

Om atlete te help voorberei vir dié byeenkoms, het Boland Atletiek tesame met WP Atletiek besluit om op Saterdag 28 Januarie op die Bellville Stadion ’n Boland/WP baan- en veldproewe te hou.

Tydens dié byeenkoms sal die Boland-span vir die 2006 SA Senior Kampioenskappe gekies word.

Die span sal reeds op 8 Februarie na Port Elizabeth vertrek waar die kampioenskappe sal plaasvind.

Aangesien die SA Marathon Kampioenskap vanjaar met die SA Senior Baan- en Veldkampioenskappe saamval, sal die Boland Marathon-span ook op Maandag 30 Januarie bekend gemaak word.

Heelwat voorbereidingsbyeenkomste is gereël om die plaaslike atlete te help om hul vorm te vind.

Die eerste byeenkoms vind môre op die Coetzenburg Stadion plaas. Dié stadion se oppervlakte is einde verlede jaar oorgedoen en die byeenkoms sal dus ook dien as inwydingsbyeenkoms vir die nuwe oppervlakte.

Verskeie nasionale en internasionale atlete sal tydens dié byeenkoms hul verskyning maak, terwyl die Bolandse Oefengroep in voorbereiding vir die SA Junior Kampioenskappe ook in aksie sal wees.

Vir navrae skakel Richard Stander, hoof uitvoerende beampte van Boland Atletiek, by 072-347-8964.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za