Skeppers deel ononderbroke spasie
2006-01-12
'n UITSTALLING, Uninterrupted Space, waarin verskeie oud-Paarliete betrokke is, kan op 25 Januarie in Kaapstad gesien word.
Dit word in samewerking met Beyerskloof aangebied, waar kuns, klere ontwerp, argitektuur, musiek en kulin靡e kunste 地 ononderbroke spasie deel.
Die plek is The Wellington 7b, Langmarkstraat 96, Kaapstad, en die kunstenaars is Jolette le Roux (klere), Lara Kruger (skone kuns), Melanie Alston en Wolf Lubisch (argitekte), Riaan Nieuwenhuis (musikant), Beyers Truter (wynmaker) en Brendon Barnard (grafiese ontwerper).
Lara, Jolette, Melanie en Brendon is oud-Paarliete.
Ononderbroke Spasie is die produk van die gedeelde kreatiewe visie van kunstenaar Lara Kruger en mode-ontwerper Jolette le Roux. Die uitstalling fokus op die interaksie van die individu met sy/haar omgewing.
地 Gulde geleentheid om hul idees te verwesenlik in 地 nuutgerestoureerde historiese gebou in Kaapstad, ontluik in 地 ononderbroke spasie waar die grense tussen die verkillende kunsdissiplines wegval.
Die uitstalling word selfs ook verder uitgebrei tot musiek en die kulin靡e kunste.
By die openingsgeleentheid sal musikant Riaan Nieuwenhuis sy oorspronklike komposisies speel op die klavier en Beyerskloof sal die sintuie stimuleer met 地 verskeidenheid van hul wyne en kos.
Kontak Johanita by 083-704-4866 met navrae oor uitnodigings na die opening.
More
News
|