Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stank vir drank

Stank vir drank
 
2006-01-12


DAAR is die afgelope week op meer as 2300 liter drank ter waarde van sowat R40 000 beslag gelê by ’n onwettige sjebeen in Paarl-Oos.

Die polisie probeer al ’n geruime tyd lank om dié sjebeen in Magnolia-woonstelle, Lantanastraat, gesluit te kry.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat die sjebeen vanuit ’n munisipale woonstel bedryf word, wat veronderstel is om blyplek aan mense uit lae inkomstegroepe te voorsien.

Hy het gesê dat drankmisbruik in dié gebied ’n geweldige probleem is vir die gemeenskap en dat dit dikwels na geweld lei.

Na verskeie waarskuwings aan die eienaar, wat op dowe ore geval het, is daar besluit om drastiese stappe te doen en die sjebeen onder dwang te sluit.

’n Span polisiebeamptes het Vrydagoggend op die perseel toegesak met ’n vragmotor om die drank in te vervoer.

Die eienaar het teengestribbel, maar met ’n lasbrief in hul hand was die polisie volgens wet geregtig om die perseel van al die drank te
ontruim.

Die beskuldigde is aangekla van onwettige handel in drank en sal op 17 Februarie in die hof verskyn.

Die Paarl-Oos polisie het gesê dat hulle hulself hierdie jaar op die bestryding van onwettige handel in drank gaan toespits.

Sjebeen-eienaars sal die handel moet wettig deur lisensies te bekom.

* A local tavern lost stock of about R40 000 confiscated in a police raid.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za