Vrou in bed aangeval
2006-01-12
’n BEJAARDE vrou is die afgelope naweek tydens ’n familietwis vermoedelik deur haar skoondogter doodgesteek.
Die insident het Saterdagaand omstreeks 19:00 plaasgevind by ’n huis by 'n vervoermaatskappy in die Benbernhard-landgoed suid van die Paarl.
Regina Smit (68) het tydens die voorval op die huis se stoep geslaap, toe sy vermoedelik deur haar skoondogter aangeval is.
Regina is op die toneel dood en Susanna Solomons is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
* Nuwejaarsdag is ’n jong vrou vermoedelik deur ’n vriend met 'n mes doodgesteek.
Desmoray Botha (23) is in Daphnestraat dood, en haar vriend, Freddie Williams, is in hegtenis geneem.
* ’n Man van Klapmuts is dood nadat hy Ou Kersdag in die Groot Drakenstein polisieselle aangerand is.
André Petersen (40) is op 23 Desember in hegtenis geneem vir publieke dronkenskap.
Die volgende oggend toe die polisie hom wou ontslaan, is daar vasgestel dat hy ernstig aangerand is.
Petersen is per ambulans na die Paarl Hospitaal geneem, waar hy drie dae later aan sy beserings dood is.
’n Medegevangene, Othniel Overberg, is na die voorval in hegtenis geneem in verband met die aanranding.
More
News
|