Seun kon maat nie red
2006-01-12
TEN spyte van 地 seun se dapper poging om sy maatjie uit 地 plaasdam te haal, kon hy egter nie daarin slaag om sy lewe te red nie.
Die seuns, Andrew Pharaoh (12) en Frederico Hendricks (15), het Dinsdagoggend in 地 dam op die plaas Slot van die Paarl gaan swem om te ontsnap van die versengende hitte.
Andrew het skielik onder die water ver-dwyn en Frederico het gespook om sy liggaam in die duister water te vind.
Toe hy uiteindelik sy vriend se liggaam vind en aan wal bring, was dit tevergeefs. Andrew was reeds 地 halfuur dood.
* 地 Jong man van Mbekweni het op Twee- de Nuwe Jaar in die Bergrivier verdrink .
Sandile Fihlani (20) het vermoedelik vanaf die voetgangerbrug wat na die Aboretum lei, in die rivier gespring.
Hy het vlak water getref en is dood.
More
News
|