Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmie pronk met uitslae

Gimmie pronk met uitslae
 
2006-01-12


DIE Paarl pronk weer met ’n uitblinker-matrikulant nadat ’n Gimmie die algehele tweede posisie in die Wes-Kaapse matriekeksamen behaal het.

Frances Müller (18) glimlag tans breed nadat sy sewe onderskeidings (100% vir wiskunde) in die eindeksamen ontvang het en ’n algehele 111.8% behaal het.“Dit voel steeds vir my onwerklik en te goed om waar te wees,” sê ’n blosende Frances.

Frances, wat van 'n wingerdplaas by Clanwilliam kom en sedert 2001 by Gimnasium in die koshuis is, sê dat sy haarself nog altyd op haar eie standaarde gemeet het en altyd net haar beste wou doen.

“Ek het baie hard gewerk en het gehoop om dalk onder die top twintig matrieks te wees. Dis ongelooflik.”

Haar sukses skryf sy toe aan die jarelange ondersteuning van haar ouers, Cecily en Niel, en ook haar wonderlike wiskunde-onderwyseres, Elna van der Westhuizen.

Frances se suster, Karen, was in 1999 hoofmeisie van Gimnasium en het so pas haar B.Rek graad by US ontvang. Haar broer Pieter studeer tans bestuurswetenskap.

Frances het darem nog altyd tyd gemaak om saam met vriende uit te span en is ook ’n kranige sportvrou. Sy het vir Gimnasium se tweede tennisspan gespeel, asook sosiale hokkie.

“Dit is baie belangrik om aan ’n spansport deel te neem, want dit leer vir jou hoe om in ’n span te funksioneer.”

En wanneer sy nog ’n bietjie tyd kry weg van haar studies af, geniet Frances dit om rillers te lees. Sy sê dat dit vir haar laat ontspan.

Haar volgende stap is om vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.

Maar vir die oomblik ontspan sy tussen haar tuisdorp en die see, waar sy na al haar harde werk net wil ontspan, slaap en saam met vriende kuier.

* A student from Paarl Gymnasium got the second highest matric marks in the province.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za