Dahliaskopu op Wellington
2006-01-19
DIE Wellingtonse dahliaskou word Saterdag 21 Januarie aangebied in die JMN Breedtsaal in Parkstraat.
Deure open om 14:00 en die genooide spreker is dr Michael le Cordeur, sekretaris van die Nasionale Liggaam vir Krisante en voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkommissie.
Dahlia-kwekers van die Drakenstein omgewing ding in meer as 15 afdelings mee om die wenbeker. Daar is ook ’n ope-afdeling waarin nie-lede kan inskryf.
Toegang is R5. Koeldranke sal te koop aangebied word en die blomme sal vanaf 17:00 verkoop word.
Meer inligting by Ivan Davey (862-7975), Tony Pretorius (873-3605) en Donny Daniels (862-0877).
More
News
|