Kuns by nuwe galery
2006-01-19
‘n NUWE galery op Franschhoek, Art & Co, begin op 2 Februarie om 18:00 af met ‘n uitstalling van olieverf-skilderye deur die eienaar, Christoff Combrinck.
Combrinck, met ‘n meestersgraad in die kunste, is bekend as kunstenaar van formaat in Gauteng. Afgesien van pragtige mensestudies, konsentreer hy ook op natuurtonele.
Hy beoog om hom permanent in Franschhoek te vestig. Art & Co is geleë op die hoek van Reservoir- en Dirkie Uys-strate. Navrae by Joey op 083-368-2522.
More
News
|