Pret by Picadilly's
2006-01-19
DIKAZZINS, een van Stellenbosch se voorste opkomende bands, is Saterdagaand die eerste keer in die Paarl te sien in Picadilly’s.
Die lede, Anton Baardman, Ettiene Terblanche en KJ (Kaalvoet Jannie) du Toit, is ervare musikante wat al van Velddrif tot op Potchefstroom gespeel het.
Anton en Kaalvoet Jannie is natuurlik op bekende grond in die Paarl, want hulle is albei oud-Gimmies.
Dikazzins word op die verhoog bygestaan deur Charl Stapelberg op baskitaar.
Toegang is R10 en die musiek begin om 21:00.
More
News
|