BYBELSE berading word van volgende week in die Paarl aangebied deur die hoof van die Tygerberg Beradingskool in Kaapstad.
Pieter Coetzee bied vanaf 26 Januarie elke Donderdag om 19:00 ’n kursus in Bybelse berading aan om in die groeiende behoefte van die gemeenskap te voorsien.
Die koste is R120 per maand. Skakel Sarita Oosthuizen by 872-5244 of 084-5570-818 vir besprekings.