Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Haelgeweer in dam gevind

Haelgeweer in dam gevind
 
2005-03-31


’n HAELGEWEER is onlangs uit ’n Franschhoek plaasdam geduik, waar kinders die vuurwapen gegooi het ná ’n inbraak.

Die Franschhoek polisie het die Saterdagaand ’n oproep ontvang dat drie seuns by ’n plaashuis opgemerk is terwyl die eienaar met vakansie is.

Die polisie het op ammunisie en blikke bier in die tuin afgekom, en gesien dat van die huisvensters oop was.

Met inligting van die publiek is die seuns - 12, 13 en 14 jaar oud - in ’n leë woning op die plaas opgespoor.

By hulle was gesteelde windbukse en juweliersware uit die plaashuis.
Hulle het erken dat die haelgeweeer in die plaasdam gegooi is. Dit is die volgende dag deur ’n polisieduiker opgespoor.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za