Laaste kans vir nominasies
2006-01-19
DIE nominasies vir burgemeester Herman Bailey se gemeenskapstoekennings aan individue en organisasies binne Drakenstein, sluit môre.
Die toekennings word in tien kategorieë gemaak, en in elkeen hiervan kan ’n persoon of organisasie genomineer word vir hul bydrae gedurende 2005.
Daar word ook in elke kategorie voorsiening gemaak vir ’n lewenslange toekenning.
Die kategorieë is opvoeding, kultuur, sport, omgewing, gesondheid, toerisme, maatskaplik, jeug, sake en media.
Mense is welkom om nominasies in te stuur met die persoon/organisasie se volledige naam, adres en ’n kort motivering van nie meer as 150 woorde nie.
Die nomineerder se gegewens moet ook verstrek word.
Nominasies kan gestuur word na Toekennings, p/a Heini Odendaal, Posbus 1, Paarl 7620, e-pos dit na Hei)@drakenstein.gov.za of gooi dit in die spesiale houers by die Paarl Post, Radio KC of die munisipale kantore in Paarl, Wellington, Saron en Gouda.
More
News
|