Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klein Nederburg matrieks skitter

Klein Nederburg matrieks skitter
 
2006-01-19


DRIE matrikulante van Klein Nederburg Sekondêr in die Paarl is deur die Onderwysdepartement vereer vir hul uitstekende prestasies tydens die eindeksamen.

Hulle is Carl Klein, Landi Groenwald en Andrew Williams, wat mekaar die afgelope jaar opgedreun het om die hoogste posisie in die klas te behaal.

Hulle is onder tien historiese benadeelde matrikulante wat net-net die top twintig plekke in die provinsie misgeloop het. Hulle het spesiale toekennings ontvang vir sulke leerders wat in vier of meer vakke A’s gekry het.

Charl Klein het ses A-simbole behaal en gaan vanjaar B.Rek aan US studeer.

Landi Groenewald van Newton (’n voormalige finalis in die Mej SA tienerkompetisie) het vyf A’s en gaan drama swot op Stellenbosch.

Andrew Williams van Pniel het sewe A-simbole en gaan medies studeer op Stellenbosch.

Klein Nederburg is die enigste skool met drie leerders op dié spesiale merietelys.

* Hoërskool La Rochelle het weer die merietelys gehaal van die tien top skole in die provinsie wat die afgelope drie jaar deurlopend gesorg het vir puik uitslae met ’n slaagsyfer van 95% of meer, met minstens 15% A-kandidate.

Ander vereistes is matrieksverstellingsyfer van minstens 70%, ’n merieteslaagsyfer van minstens 45%. Die skool het ’n geskenkbewys van R5000 vir boekaankope ontvang.

Gimnasium se Frances Muller (wat die tweede plek op die provinsiale merietelys behaal het) het ook ’n spesiale toekenning gekry vir haar puik wiskundepunte (100%).

Sy was een van slegs twee matrieks in die provinsie wat dié punt kon behaal. Die ander een was Jaanri Koch van Bellville Hoër.

* Three matriculants of Klein Nederburg High were honoured for their results. All three have 5 A's or more.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za