Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa het moord gepleeg

Pa het moord gepleeg
 
2005-03-31


’n PAARLSE pa van vier is in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind aan die verkragting en moord van ’n jong vrou aan wie hy ’n saamrygeleentheid gegee het.

Eienaars van pruimkleurige motors het destyds fyn getrap terwyl die polisie op soek was na so ’n voertuig wat moontlik in ’n ontvoering betrokke kon wees.

Jafta Storm (37), vragmotorbestuurder op ’n plaas by Windmeul, is ná ses weke in hegtenis geneem en aangekla van menseroof, moord en verkragting.

Evelyn Carelse (23) het Saterdagnag 12 Julie 2003 ’n rygeleentheid saam met Storm van Bongi’s nagklub in die middedorp aanvaar.
Haar naakte lyk, met haar gesig in ’n plas water, is die volgende dag langs ’n plaaspad in Klein Drakenstein ontdek.

Toe Storm vir ondervraging na die Paarl polisiestasie geneem is, wou hy graag sy vrou en kinders by hul woning aan die Bo-Daljosafatpad groet. Maar daar aangekom, het hy ontsnap.

Terwyl sy motor vir forensiese toetse weggeneem is, het die man hom in Wellington aan die polisie oorgegee. Hy het in ’n verklaring erken dat hy die vrou verkrag, gesodomiseer en met ’n skoenveter verwurg het.

Dit was nadat hy haar vriende, Jonathan en Maria Kammies, by Tom’s Kafee in Lady Greystraat afgelaai het om kos te koop.
In die Kaapse Hooggeregshof verlede week het Storm egter beweer dat hy die bekentenis gemaak het omdat hy bevrees was vir die “regte moordenaars”.

Volgens hom het drie mans hulle ontvoer en is hy met ’n pistool teen die kop gedwing om met Evelyn gemeenskap te hê.

Hy het nie gesien toe sy vermoor is nie, want hy is glo bewusteloos geslaan.

Regter Essa Moosa het die oorspronklike bekentenis aan die polisie aanvaar. Uitspraak word 5 April verwag.

* A Paarl father has been found guilty of the murder of a young clubber.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za