Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou sterf toe trein haar tref

Vrou sterf toe trein haar tref
 
2006-01-19


n ONBEKENDE vrou het Sondagmiddag gesterf toe sy onder ’n trein beland het tussen Mbekweni en Wellington-stasie.

Die voorval het omstreeks 15:00 by New Rest gebeur. Die vrou is vergruis.

Enigeen met inligting oor die vrou se identiteit kan insp Nico de Villiers by 873-2913 kontak

* ’n Stryery na ’n danspartytjie het tragies geëindig toe ’n vrou deur haar man doodgeslaan is.

Katrina en Daniel Willemse het Saterdagaand by in dansplek in Groot Drakenstein gekuier.

Hulle het teruggekeer na hulle huis op die plaas Oldenburg, waarna ’n stryery ontstaan het.

Katrina is deur Daniel aangerand en haar lyk is Sondagoggend omstreeks 08:00 tussen bosse gevind.

Daniel het Dinsdag in die hof verskyn op ’n aanklag van moord.

* ’n Familietwis het die lewe van ’n man geëis, toe hy deur sy broer doodgesteek is.

Die voorval het Saterdagmiddag omstreeks 16:30 in Springbokstraat, Paarl-Oos, plaasgevind.

’n Rusie het ontstaan tussen Jacques en Marius Fortuin waarna Marius glo vir Jacques met ’n mes gesteek het.

Jacques is op die toneel dood en Marius het Maandag in die hof verskyn op ’n aanklag van moord.

* ’n Jong vrou is Saterdagaand op die plaas Tears and Roses in Groot Drakenstein met ’n mes gedreig en verkrag.

Insp Brucene Beukes (863-1040) wil graag met Calvin (Vy) Adonis in aanraking kom wat moontlik inligting oor die voorval kan verskaf.

* In twee ander gevalle op plase in Groot Drakenstein is twee vrouens ook Saterdag aangeval en verkrag.

’n Vyftienjarige meisie het op die plaas Juanita gesit, toe ’n man wat aan haar bekend is as Boy Goemas, vir haar in die bosse ingesleep en verkrag het.

By Berg ’n Brook het ’n vrou (26) en haar vriend gestap, toe ’n man hulle aangeval het.

Die vriend het weggehardloop en die vrou is verkrag. Hendrik Pearse het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die saak.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za