Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Talle beseer op paaie

Talle beseer op paaie
 
2006-01-19


TALLE ongelukke het die afgelope naweek amok gesaai op plaaslike paaie.

Vier mense, insluitend twee kinders, is beseer in 地 kop-aan-kop botsing op die ou Paarlpad (R101) naby Simonsvlei.

Die voorval het Saterdag omstreeks 16:00 plaasgevind toe 地 wit Toyota en silwer Nissan mekaar van voor getref het.

Die insittendes van die Toyota het die ergste daarvan afgekom.

Die bestuurder, Afzil Khan, het ernstige been-, gesig- en rugbeserings opgedoen. Hy was 地 geruime tyd lank in die motor vasgekeer.

Salima Seria, Farhin Ali (10) en Fatima Khan (12) het almal ligte beserings opgedoen. Die insittendes van die Nissan is ongedeerd.

* 地 Jong vrou van Stellenbosch het Saterdagaand 地 noue ontkoming gehad toe sy beheer oor haar voertuig verloor het en amper by Bainskloofpas afgery het.
Die motor is egter deur digte bosse gekeer.

Die vrou, Lisa Burman, het 地 rugbesering opgedoen, asook snywonde aan haar gesig.

* 地 Vrou is Saterdagaand op die Markstraatbrug in die Paarl doodgery.

Pauline Morris is op slag dood toe sy deur 地 motor getref is.

* 地 Man van Malmesbury het die dood wonderbaarlik vrygespring toe twee voertuie in mekaar vasgery het.

Gerhardus Tredoux van Malmesbury het op die N1 naby die tolhek in die rigting van Kaapstad gery, toe die ongeluk plaasgevind het.

Die blou Nissan Sentra waarin hy gery het, het 地 wit Toyota Venture getref, en hy het teen die muur van die brug by die tonnel gebots.

Tredoux het wonderbaarlik met net 地 gebreekte sleutelbeen uit die wrak geklim.

* 地 Man is Maandag dood toe hy op sy fiets deur 地 vragmotor getref is.

Jonathan Bruintjies van die plaas Klein Lusthof het naby die Drakenstein tronk gery toe hy getref is.

地 Klag van strafbare manslag word teen die bestuurder van die vragmotor ondersoek.

* A number of people died or were injured in crashes.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za