Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee Springbokke in koerant verwar

Twee Springbokke in koerant verwar
 
2006-01-19


DIE Paarl Post het onlangs 'n foto geplaas van Alec de Villiers, kleinseun van ’n Springbok-rugbyspeler aangedui as Pierre de Villiers.

Alec de Villiers is egter die seun van Boy de Villiers (voorletter H).

Boy de Villiers was 'n senter (nie 'n slot nie) wat saam met die legendariese Japie Krige en ook Bob Loubser en Anton Stegmann in die Springbok-span van 1906 gespeel het.

Hulle was almal Maties en het bekend gestaan as “the thin red line”, 'n gedugte agterlyn.

Dit dien gemeld te word dat Boy de Villiers 'n leerling van HJSP en ook van Paarl Gimnasium was.

Sy seun Alec het 'n paar jaar gelede sy Springbok-baadjie aan HJS-museum geskenk. Boy was twee keer getroud. Nasate van sy een huwelik is Skotte.

Alec de Villiers het verlede jaar in April en Mei Skotland besoek vir 'n reünie van die De Villiers-familie. Dit is hoe hy by Murrayfield beland het.

Paul Roos se span het wel teen Skotland 6-0 verloor op 'n modderveld, maar hulle het Ierland en Wallis geklop en gelykop gespeel teen Engeland. Die Britse pers het dié span hoog aangeskryf.

Die 1906 span van Paul Roos was die eerste wat die Springbok-embleem gebruik het. Dit beteken dat die embleem vanjaar 100 jaar oud is.

Boy de Villiers was later 'n baie suksesvolle afrigter van die Universiteit Kaapstad se rugbyspan.

Pierre de Villiers was 'n Springbok-skrumskakel vanaf 1928 tot 1937, heelwat later as Boy de Villiers se speeldae. Ná my wete is daar geen verwantskap tussen Pierre en Boy nie.

Piet Kellerman



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za