Van der Walt begin jaar goed
2006-01-19
DIE jaar het vir die Paarlse gholfspeler Dawie van der Walt op ’n hoë noot begin toe hy Saterdag die Ceres Ope gewen het.
Van der Walt, ’n lid van die Paarl Gholfklub wat tans vir die Lamar Universiteit in Texas speel, het die houespel-kompetisie met ’n twee onder baansyfer telling van 140 gewen.
Van der Walt het ná die eerste ronde ’n 74 op sy telkaart ingevul nadat hy drie balle buite perke gemoker het.
Hy was egter dodelik in sy tweede ronde en het ’n ses onder baansyfer 66 behaal.
Dawie, wat Dinsdagaand teruggevlieg het Texas toe, is deur die Suid-Afrikaanse Gholfvereniging (SAGA) as amateurspeler van die jaar genomineer.
Die wenner sal in Februarie aangekondig word.
Nog ’n veer in Van der Walt se hoed is die feit dat hy tans die 38ste gekeurde amateur op die Amerikaanse 'Golf Stat Titleist'-ranglys is en dit ná slegs ’n jaar se gholf op dié vasteland.
Met sy besig gholfprogram is die kans goed dat hy hierop kan verbeter.
More
News
|