Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington maak nag vir Swartland

Wellington maak nag vir Swartland
 
2006-01-19


’n VASKOP-POGING deur twee staatmakers het Saterdag vir Wellington Krieketklub die knoop deurgehak teen Malmesbury.

Die tuisspan wen die loot en stuur vir Malmesbury in om te kolf.

Wellington het die besoekers in ’n benarde posisie ná 30 beurte met die telbord wat slegs 110/8 weerspieël.

’n Goeie vennootskap deur Lionell Gray en Jacques Basson bring Malmesbury egter weer terug in die spel en hulle voltooi hul 60 kolfbeurte op 178/9.

Ulrich Greffrath (40) en Jacques Basson (34nun) was die besoekers se voorste lopiemakers.

Wellington se boulaanval is deur Riaan Jephtha (3/29 in 6bb) en Jaco Carstens (2/5 in 8bb) gelei. Marnus Hugo het ook goed geboul, maar was ongelukkig om nie ’n paaltjie te kry nie.

Wellington was vroeg in die moeilikheid met die telling op 30/3. ’n
Onoorwonne 84 deur Carstens en ’n goeie 53 lopies deur Stiaan van Zyl 53 het egter verseker dat die tuisspan uiteindelik gemaklik wen.
Wellington I speel Saterdag weg teen Hermanus.

Wellington se tweede span het deurgedring na die Top 8-afdeling van die 60 boulbeurte-kompetisie toe hulle Saterdag vir Malmesbury gemaklik met vyf paaltjies gewen het.

Malmesbury was na vyf beurte reeds in die moeilikheid met die telling op 3/4.

Die tuisspan het kon eindelik 101 aanteken.

Wellington se Anele Nanase (3/1) en Phil Adams (3/21) het die skade aangerig.

Ondanks die verloor van ’n paaltjie vroeg in die beurt, het Welligton maklik die teiken gehaal danksy die 56-lopie vennootskap van Riaan Liebenberg (32) en Alfonso Blom (36) om die tweede paaltjie.

Sondag het Wellington II met ’n ewe goeie spanpoging sy eweknie van Hermanus geklop.

Hermanus behaal 166, met goeie boulwerk deur Ferlo Theron (4/43) en Herman Geldenhuys (3/25).

Wellington se eerste paaltjie val op 19, waarna Riaan Liebenberg (29) en Nicky Roos (21) 36 lopies bygevoeg het. Nadat Liebenberg been voor paaltjie uitgegee is, het die paaltjies op reëlmaat begin val. Op 88/8 het Wellington ’n nederlaag in die gesig gestaar.

Herman Geldenhuys (34nun) en Christian Loubscher (50nun) het egter vasgeskop en die oorwinning vir hul span beklink.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za