Pap in hande kos Paarl-Oos duur
2006-01-19
SWAK veldwerk het die eerste span van Paarl-Oos Krieketklub Saterdag duur te staan gekom in hul wegwedstryd teen Brackenfell.
Die Paarliete wen die loot en stuur die tuisspan in om te kolf. Brackenfell behaal 253/7.
Dié totaal kon egter heelwat minder gewees het was dit nie vier verbroude vangkanse nie.
Andy Colbalari (65 4x4, 6x1) en Clifford Prinsloo (55 4x7) was die lopiemakers en is op onderskeidelik 10 en 34 misgevang.
Willem du Toit (37nun 4x1, 6x3) en Wiaan Smit (27) het ook help bou aan die totaal.
Craig Abrahams (2/59 na 12bb) en Dennis November (2/42 na 15bb) was Paarl-Oos se top boulers.
Die besoekers was na vier boulbeurte reeds op die agtervoet met die telling op 2/8 nadat Garth Lewis (1) en Bruce Miller (0) hul paaltjies kwyt is.
’n Derde-paaltjievennootskap van 115 lopies deur Waylain September (63 4x5) en Roswin Jephtha (67 4x7) het egter die skip weer op koers gekry.
Paarl-Oos se momentmun is egter versteur toe September vanaf ’n verdagte draaibal been-voor-paaltjie uitgegee is.
Ondanks ’n moedige 67 lopie vennootskap deur Jackie Daniels (32nun 4x4) en Wilton van Neel (35 4x4, 6x2) om die vyfde paaltjie, kon die besoekers slegs 224/6 behaal.
In die Paarl het Paarl-Oos II (223/9) ’n noue eenpaaltjie-sege oor Brackenfell II (219) behaal.
Zynodien Fredericks (2/41 na 8bb), Koos Liebenberg (2/43 na 15bb), Elroy Abrahams (3/47 na 15bb en 32nun 4x3), Shaun Cuttings (51 4x6), Garod Cupido (51 4x8, 6x1) en Bjorgen Hollenbach (32 4x6) was die uitblinkers.
Die derdespan-wedstryd was ’n behoorlike lopie-fees.
Paarl-Oos III behaal 300/5 in hul toegelate 50 boulbeurte.
Jermaine Didloff het die boulwerk met minagting behandel en 156 lopies gemoker wat 16 grenshoue en vier sesse ingesluit het.
Hy is goed bygestaan deur Ashley Uys (42 4x4).
Die besoekers is in die 29ste beurt uitgeboender vir 153, met Garland Goliath (3/54 na 8bb), Dale Uys (2/32 na 7bb) en Hein Coetzee (4/13 na 7,2bb) wat goed boul.
Saterdag speel Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) teen Malmesbury, en die derde span speel ook tuis teen Van der Stel.
More
News
|