Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland vroue verpletter SWD

Boland vroue verpletter SWD
 
2006-01-19


DIE Boland se vrouekrieket-span het sy top posisie in die Kus-afdeling van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika (VKRSA) se vroue-liga Saterdag verstewig met ’n sege van 211 lopies oor SWD.

Nadat hulle die loot gewen het, het die Bolanders besluit om eerste te kolf op die blad van Bolandpark.

Al die kolwers het bygedra om ’n goeie telling van 268/5 op die telbord te sit.

Audrey Petersen (60), Alecia Smith (56), Helmien Rambaldo (30) en Beth Cartledge (34nun) het die basis gelê, waarna Bronwen Town behoorlik die skouers kon oopmaak om ’n onoorwonne 44 van 33 balle te moker.

Die boulers het voortgebou op die goeie vorm van die kolwers.

Dit SWD se kolforde is dadelik lam gelê toe Moseline Daniels drie paaltjies platgetrek het in haar eerste boulbeurt en die tweede van die SWD-kolfbeurt.

Sy het geëindig met ’n boulontleding van 3/19 in vyf boulbeurte.

Daniels se poging is goed ondersteun deur Alecia Smith (3/24) en Sunette Loubser (3/7).

Die besoekers se kolfbeurt het nooit regtig rigting gekry nie en hulle word almal uitgehaal vir ’n skamele 57 lopies.

Boland speel sy volgende wedstryd op 28 Januarie teen die Oostelike Provinsie op Bolandpark, Paarl.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za