Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoffman in SA fietsryspan

Hoffman in SA fietsryspan
 
2006-01-19


DIE Paarlse fietsryer, Nolan Hoffman, is in die Suid-Afrikaanse padfietsryspan opgeneem wat in Februarie aan die Toer van Egipte gaan deelneem.

Hoffman, ’n lid van Rhadsport Fietsryklub, is een van vyf lede wat aan dié weeklange fietstoer sal deelneem.

Die 23-jarige Paarliet is tans deel van die Sasol beroepsfietsryspan in Johannesburg.

* Rhadsport Fietsryklub bied môreaand sy eerste baanligabyeenkoms van die jaar op die Faurestraat-Stadion aan.

Ryers van alle ouderdomme sal kan deelneem, insluitende ontwikkelingsryers.

Fietsryers wat in die voorlopige SA oefengroep vir die Statebond Spele opgeneem is, sal ook in aksie wees en dit beloof groot kykgenot vir toeskouers te wees.

Die eerste wedren begin om 19:00 en toegang is R3 vir volwassenes
(kinders gratis).

Vir navrae, skakel Elrick 083-536-9096.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za