Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples seëvier in Derby-stryd

Peoples seëvier in Derby-stryd
 
2006-01-19


DIE eerste span van Young Peoples het Saterdag die verloor-spook wat hom die afgelope vier jaar tydens sy derby-wedstryde gepla het, uiteindelik verjaag.

Peoples het op sy tuisveld sy bure met vier paaltjies geklop.

Paarl behaal 203/8 in sy 60 boulbeurte, met Kurt Martin (48nun) en Lynal Jansen (36) wat die grootste tellings vir die besoekers behaal.

Die manne wat die paaltjies vir Peoples platgetrek het, is Quinton Kannemeyer (2/44 in 11bb), Lorenzo Jacobs (22/2 in 15bb), Hubert Ontong (2/36 in 9bb) en Gercian Gabriels (2/57 in 15bb).

Young Peoples behaal die teiken in die 56ste beurt, met Edwin Jacobs (61nun), Warren George (44) en Rupert Bailey (39) wat onder die boulwerk inklim.

Paarl se Alfredo Adams (2/39 in 12bb) en Zurich Muller (2/48 in 15bb) het moedig met die bal probeer.

Die tweede span wedstryd op die Parys-veld is in ’n baie gespanne gees gespeel, met heelwat voorvalle op en van die veld af.

'n Paarl-speler moes deur sy spanmaats gekeer word toe hy op die veld wou gaan om 'n speler met 'n bottel by te dam ná 'n woordewisseling.

'n Oor en weer skellery het ook daartoe gelei dat 'n Peoples-ondersteuner die vuiste wou begin swaai het.

Volgens Alvin Lewis, voorsitter van Paarl Krieketklub, is die betrokke voorvalle almal weens verdagte beslissings.

Hy het beaam dat dit nie betaamlik is vir enige speler om hom so te gedra nie en dat daar reeds met die betrokke speler gepraat is.

"Dié voorvalle en omtrent al die voorvalle in die verlede kan toegeskryf word aan die gebruik van speler/skeidsregters."

"Ons het al met Boland Krieket hieroor gepraat, maar die probleem blyk 'n tekort aan skeidsregters of geld te wees," het Lewis gesê.

Pietie Williams, hoof-uitvoerende beampte van Boland Krieket, het bevestig dat hy ’n klag rakende die voorval van Young Peoples Krieketklub ontvang het.

Paarl II (260/8) het nietemin vir Peoples (170) met 90 lopies geklop.
Carlo Crotz (68), Robin Andrews (78), Wayne Minnies (3/25 in 11bb) en Hein Adonis (3/31 in 13bb) was Paarl se uitblinkers terwyl Jarier Alexander (2/59 in 15bb), Marlin Carolissen (3/59 in 15bb), Tom-Ross Fortuin (34), Audin Carolissen (38) en Brepp Mitchell (28) moedig probeer het vir Peoples.

Op die aangrensende veld het Paarl III (229/8) vir Peoples III (227/8) met twee paaltjies geklop.

Jonathan Jacobs (40 en 3/29 in 10bb), Germaine Williams (47), Werner Cupido (33) en Jehtro de Jager (2/53 in 10bb) het goed vertoon vir Peoples.

Paarl se sukses was grootliks te danke aan Heinrich Muller (3/24 in 10bb), Elton du Plessis (58nun) en Wayne Williams (37).

Saterdag speel Peoples I (weg) en II (tuis) teen Pniel Coronation en Sondag teen Maties.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za