Aanvallers in aanhouding
2005-03-31
DIE vermeende moordenaar van Wellington akademikus Lisbé Smuts-Smith, bly in aanhouding.
Daar word ondersoek ingestel na die paroolfout waarmee Elton John Lourens (27) van ’n informele woongebied by Mbekweni, vrygelaat is voordat Lisbé (47) in Februarie in haar woning in Burgstraat vermoor is.
Die twee vermeende moordenaars van Wanda Neethling (48), landskapargitek van Wellington, is ook steeds in aanhouding.
Lulu Baba (21) en Wandesile Sitoto (19) van Mbekweni was tydens die moord vroeër vandeesmaand by die Neethling kleinhoewe aan Lady Lochweg.
Vrae word gevra na die borg wat toegestaan is aan Baba toe hy voorheen aangekla is van poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen.
More
News
|