Delta Blue
2006-01-26
DIE gewilde musiekgroep van Stellenbosch, Delta Blue, sal Saterdag by Picadilli’s in die Paarl optree.
Die groep het onlangs hul nuwe CD “Heaven” bekend gestel, met musiek geskik vir elke oor.
Delta Blue bestaan uit Gerald Clarke op stem en kitaar, Henry Steel op kitaar, Schalk van der Merwe op baskitaar, Tim Rankin op dromme en Jann Krynauw op klawers.
Toegang by Picadilli’s is R20 per persoon vir die aand van oorspronklike Blues, asook van Delta Blue se eie komposisies. Die vertoning begin om 21:30.
Vir navrae, kontak Ilse van der Merwe by 083-411-0901.
More
News
|