Vuiste klap ná afskeid
2006-01-26
DIE plaaslike fietsryer Garth Thomas staan op die oomblik aan die verkeerde kant van die gereg, nadat ’n klag van ernstige aanranding teen hom gemaak is.
Garth het onlangs die 25 Myl by die Gesinsdagbyeenkoms in die Paarl gewen. Hy is tans besig om te oefen vir die Statebondspele.
Die debakel spruit uit ’n voorval wat verlede jaar in November na ’n matriek-afskeid plaasgevind het.
Garth het na bewering saam met vriende Jody Carolissen en Lucien Andersen na ’n private woning in New Orleans gegaan vir ’n ‘after-party’.
’n Stryery het glo ontstaan oor ’n gedenkkers.
Een van die jong mense wou glo die kers aansteek, en toe daar aan hom gesê is hy mag nie, het die vuiste begin swaai.
Tom-Ross Fortuin het glo die ergste van die onderonsie afgekom en ’n klag by die polisie gelê.
Thomas se motor he blykbaar ook tydens die voorval onder klippe deurgeloop.
’n Woordvoerder van die landdroshof het gesê dat klagtes deur albei partye gelê is, en dat al die betrokke party nou gedagvaar gaan word om in die hof te verskyn op aanklag van ernstige aanranding.
* A well-known local cyclist is being charged with assault after a brawl.
More
News
|