Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bainskloof brand weer

Bainskloof brand weer
 
2006-01-26


’n WEGHOLBRAND het die afgelope naweek die brandweerdienste weer aan die hange van Bainskloof besig gehou.

Die brand het Saterdagoggend naby Antoniesvlei begin en het by die Obiquaberge opbeweeg.Sowat 45 hektaar denneplantasies en fynbos is uitgebrand, maar geen landbougrond is beskadig nie.

Clarence Johnson, burgemeester van die Wynland
Distriksmunisipaliteit, het gesê dat die brand in ’n onbereikbare area ontstaan het, en brandbestryders kon dit nie dadelik bereik nie.
Twee helikopters se hulp moes ingeroep word teen ’n koste van R23 000 per uur, om die vlamme te tem.

“Alhoewel die brand onder beheer is, sal die gebied vir die volgende vyf dae gemonitor word om te verseker dat dit nie weer vlamvat nie,” het Johnson gesê.

“Die droë winderige toestande wat ons tans beleef, is uiters gevaarlik en ek maan die publiek om uiters versigtig te wees wanneer hulle met vure werk. Vure mag net in beheerde gebiede gemaak word.”



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za