Kop-af langs rivier
2006-01-26
’n GRUSAME vonds is verlede week gemaak, toe die lyk van ’n vrou sonder kop op Wellington gevind is.
Die erg verminkte lyk is Donderdag langs die Spruitrivier naby Hugenote Laerskool deur ’n voetganger raakgesien.
Behalwe die slagoffer se kop wat vermis word, is haar regterbeen onder die knie afgesny, haar liggaam gedeeltelik verbrand en haar geslagsdele ook geskend.
Pieter Keyster (27) is dieselfde dag in hegtenis geneem. Insp Kees Pietersen by 873-1141 ondersoek en hoop om haar identiteit deur haar vingerafdrukke te bepaal.
Huiseienaars van die gebied het gesê dat hulle probleme met diefstal het en dat baie haweloses langs die rivier woon.
“Die onkruid staan hoog, daar word vure gemaak, gedrink en die oewer besoedel.”
More
News
|