Gered uit vlamme
2006-01-26
EK wil net huis toe gaan, was al kommentaar van Piet van der Merwe vandeesweek gehad het oor die voorval verlede Donderdagaand waarin hy 20% brandwonde opgedoen het.
Terwyl hy nog in Paarl Hospitaal aansterk van sy brandwonde, is sy huismense nog verslae oor die amperse ramp in Kanariestraat, Paarl-Oos.
Valerie Grootboom vertel sy het die aand omstreeks 22:00 voor haar huis gesit om ’n bietjie verligting te soek van die versengende hitte.
“Ek het iets soos klappers gehoor, maar my nie eintlik daaraan gesteur nie.
“Die eerste wat ek onraad vermoed het, is toe die vrou oorkant die straat vra waar brand dit.
“Ons het niks geruik nie, maar toe ek gaan kyk, is dit net vlamme in die kamertjie waar Piet geslaap het.”
Blykbaar het Van der Merwe, wat aan epilepsie ly, lomerig geraak van medikasie terwyl daar nog ’n sigaret gebrand het.
“Ek het so groot geskrik, want ek het gedink Piet is nog binne,” vertel Valerie.
“Maar toe sien ek hom lę. My skoonseun, Clive Lucas, het hom uitgedra.”
Valerie kan nie genoeg dankie sę aan al die mense wat gehelp het nie.
“Almal het gehelp. Die bure het tuinslange gebring en sommer water met emmers en bakke aangedra. Die ambulans en brandweer was vinnig hier en het alles gedoen wat hulle kon.”
* A Paarlite is in hospital after being rescued from a burning shack.
More
News
|