Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motor tref vrou

Motor tref vrou
 
2006-01-26


“EK het nog so lekker op ’n stoel voor die hekkie gesit, toe kom die motor om die draai gejaag,” vertel René Roman van die ongeluk die naweek waarin haar been beseer is.

Dit was omstreeks 18:00 Sondagmiddag en gelukkig was Kanariestraat in Amstelhof, Paarl, redelik leeg.

“Dit het gelyk asof die man beheer verloor oor die motor en dit het begin gly.

“Toe ek weer sien, toe lê ek doer anderkant,” onthou René.

Die motor het na bewering eers ’n deel van ’n houtheining getref, voordat Roman omgery is.

’n Ent verder in die straat af het ’n draadheining ook in die slag gebly.

Die motor staan op die oomblik by die Paarl-Oos polisiestasie. Die verdagte is glo van Mitchellsplein.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za