Dansers vier dekades onder die sterre
2005-03-03
VIER van Suid-Afrika se voorste choreograwe het onlangs werke geskep om die talent van die hoogaangeskrewe Cape Dance Company (CDC) ten toon te stel en met die viering van dié dansgeselskap se tiende herdenking saam te val.
Die vertoning, ‘Celebrating 10’, word drie keer opgevoer by die Oude Libertas-amfiteater buite Stellenbosch op 10, 11 en 12 Maart om 20:15.
Hierin word CDC se kragtige tegniek en veelsydigheid gebruik deur die choreograwe Adele Blank, Sean Bovim, Michelle Reid en CDC se direkteur, Debbie Turner.
Die vier werke vertoon die geselskap se kenmerkende atletiese styl met treffende bewegings en versmelt hul ooglopende passie vir dans met ’n onderliggende spitsvondige humorsin.
Kaartjies is R60 by die Oude Libertas-kaartjieskantoor te skakel by 809-7380. Geen kaartjies by Computicket nie.
More
News
|