Jong ruiters vat leisels vas
2006-01-26
HEELWAT plaaslike perderuiters het beïndruk tydens die Junior en Kinder SA Ruiterkampionskappe wat in Desember op Stellenbosch gehou is.
Meer as 800 perde en hul ruiters het vir dié byeenkoms ingeskryf wat vanjaar deur die Westelike Provinsie op Sandringham aangebied is.
Ruiters van al die provinsies het in al die dissiplines meegeding.
Onder die kinder-ruiters het Kinvarra Walters (Bridge House) van die Paarl met haar ponie, Forsyte Bow Belle, ’n eerste plek behaal in die klein skoury ponie-klas. Sy het dan ook so die titel van Reserwe SA Kampioen verdien.
Walters het ook vierde gekom in die skou-ponie afdeling. Sy was deel van die WP-span wat ’n tweede plek behaal het in dié interprovinsiale spankompetisie.
Die susters, Louisa en Sofia Reith van die Paarl het onderskeidelik ’n derde en 14de plek in die Junior D-graad klasse verwerf.
Sofia en haar perd, Dancing Lass, het ’n sesde plek behaal in albei die dresseer-kompetisies waarin sy deelgeneem het.
Micah Antrobus (Somerset College) van Wellington en haar perd, Chief rykunskampioenskappe en het ook die Junior C-graad Springkampioenskappe gewen.
Op nasionale vlak het die Paarliet, Alida Hendrikse (Hoër Meisieskool Paarl) en haar perd, That Phantom Man, die WP in beide die dresseer en skouperd-spanne verteenwoordig.
Hendrikse het haar klas in die Interprovinsiale Kampioenskappe gewen. In die individuele kompetisie het sy die Skoujagperd-afdeling gewen en sy was ook die naaswenner in die Dresseer- spankompetisie.
Margo Kannemeyer (Hoërskool Hugenote) van Wellington wat op Alzu Barrier Reef gery het, was een van die dag se top presteerders. Kannemeyer het die Nasionale A Graad Sametelling-kompetisie gewen, tweede gekom in die Nasionale A Graad Grand Prix-kompetisie en ook ’n vyfde plek behaal in die A Graad Spoed-kompetisie. Die prestasies het haar van ’n algehele derde plek op die SA puntestelsel verseker.
Al dié ruiters word deur Lynette Mouton van Delta Crest in Groot Drakenstein afgerig.
More
News
|