Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laerskool kry hupstoot met klasse

Laerskool kry hupstoot met klasse
 
2006-01-26

David Joshua

BY Bergendal Primêre Skool in Suid-Agter-Paarl is dit eersdaags ’n miernes van bedrywigheid wanneer twee nuwe klaskamers aangebou gaan word.

Bouwerk aan die klaskamers begin in volgende week, en behoort teen middel Maart voltooi te wees.

Plaaseienaar Roland Seidel betaal vir die oprigting van die klaskamers wat gebruik gaan word vir graad agt en nege leerlinge.

Skoolhoof Nabeelah Abrahams sê dat in totaal daar teen verlede week 108 nuwe inskrywings was.

Graad een spog met 51 nuwe inskrywings en die totale leerdertal staan reeds op 335 leerlinge.

Die meeste van die nuwe leerlinge is “buskinders” wat bus ry van Suider-Paarlse plase, nadat die gereelde busdiens wat hierdie leerlinge na Nieuwedrift Primêr in Noorder Paarl-vervoer het, deur die Onderwysdepartement afgeskaf is.

Die busdiens is afgeskaf op die beginsel dat kinders slegs vervoer word na die naaste skool.

Nieuwedrift Primêr, wat direk deur die afskaffing van die busdiens uit Suider-Paarl geraak was, het ’n daling in die inskrywing van sy leerlingtal ondervind.

Hoewel 156 nuwe graad agts verwag is, het net 121 tot dusver ingeskryf.

* A local wine estate owner is to fund the addition of two classrooms at a rural school.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za