Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington haak vas

Wellington haak vas
 
2006-01-26


DIE eerste span van Wellington Krieketklub moes Saterdag in ’n spannende wedstryd aan die kortste ent trek in hul kragmeting teen Hermanus.

Hermanus (220/9) het op sy tuisveld ’n onbesliste uitslag afgedwing toe hulle die besoekers tot 176/9 beperk het.

Wallace Albertyn (88) was Hermanus se voorste lopiemaker, met goeie beurte deur Wayne Truter (29) en A van Niekerk (26).

Wellington se beste boulvertonings is deur Craig Meyer (3/41 na 11bb), Marnus Hugo (3/50 na 13bb) en Dawie Malan (2/46 na 15bb) gelewer.

Wellington het die teiken hard gejaag en was in die 32ste beurt nog op koers met die telling op 120/4.

Die val van drie paaltjies in die bestek van vier balle het egter die besoekers op die agtervoet geplaas.

Steyn Basson en Hugo het vir die volgende 20 beurte saamgekolf voordat hulle die vinger gewys is ná twee ietwat omstrede been-voor-paaltjie-beslissings. Hermanus is ’n kans gegun om die wedstryd te wen toe Henco Bornmann in die derde laaste beurt in die glippe misgevang is.

Bornmann en Meyer het egter vasgeskop en tot met die laaste bal
voor die penne bly staan.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za