Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kushengelklub doen goed

Kushengelklub doen goed
 
2006-01-26


DIE Paarl Kushengel het die naweek weer voortgebou op hulle goeie seisoen en hul voorsprong in die Boland seehengelliga vergroot.

Hulle het in die vyfde interklub-byeenkoms van die jaar/seisoen op Arniston baie goed gevaar en die dag redelik gemaklik gewen.

Morné Esterhuizen, Bernard Kramer, Arno Dames, Deon Southey, Brian Crozier, Gerrit van Niekerk en Jacques Louw was die Paarl-manne wat almal goeie vangste uitgetrek het.

Hulle het almal twee of meer visse gevang met Esterhuizen wat die dag gewen het met vier hondhaaie vir ’n totale gewig van 72,3kg.

In November het een van klub se lede, Tony Kruger, die SA B-span verteenwoordig tydens die Gus Kolner-toernooi wat in Oos-Londen gehou is.

Dié span het teen die SA A-span, ’n Binnelandse span asook ’n Ontwikkelingspan deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar en algeheel tweede geëindig en so die silwer medalje verower.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za