Peoples deur na Super 8
2006-01-26
ONDANKS ’n onbesliste uitslag teen Pniel Coronation dié naweek, het Young Peoples Krieketklub se eerste span genoeg punte op sy kerfstok om na die Top 8-afdeling van die Boland Premierliga klubkompetisie deur te dring.
Coronation het op sy tuisveld ’n goeie 296/5 aangeteken, danksy ’n fantastiese onoorwonne 185 lopies deur die Cobras-speler, Henry Davids.
Gercian Gabriels (3/59 in 15bb) was die enigste bouler wat hond-haaraf kon maak.
Peoples kon slegs 208/5 haal teen die tyd wat sy 60 boulbeurte uitgeloop het.
Brendon Gabriels (57), Lorenzo Jacobs (52nun) en Quinton Kannemeyer (41) was Peoples se voorste lopiemakers.
Die manne se kragte was beslis getap van die vorige dag se krieket aangesien Peoples Sondag deur Maties vir ’n skamele 62 lopies uitgehaal is.
Peter Lang (6/15) het die groot skade vir die studente aangerig. Maties wen die stryd met agt paaltjies.
Peoples II (185/7) het Saterdag op Daljosafat met drie paaltjies teen Pniel Coronation verloor.
Zarier Alexander (38 en 2/53 in 14bb), Ainsley Anderson (23 en 2/22 in 7bb), Wade October (30) en Lindsay Davy (23), Jermaine Williams (1/16 in 5bb) en Marlin Carolissen (2/34 in 13bb) was Peoples se uitblinkers.
Pniel se uitblinkers was Colin Myburgh (38).
Die tweede span se wedstryd teen Maties wat Sondag op Daljosafat moes plaasvind is weens reën afgelas. Peoples III kon die naweek met ’n sege wegkom nadat hulle vir Atlantis (104) met nege paaltjies geklop het.
Peoples slaan die wenlopies in die 15de beurt.
Die Paarliete se uitblinkers is David Gabriels (3/44 in 8bb), Hilmer Paulse (1/19 in 7bb en 35nun), Jethro de Jager (2/25 in 8bb), Nolan Timmie (3/7 in 4bb) en Alec Dyssel (61nun) was Peoples se staatmakers.
More
News
|