Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl spanpoging kelder Vics

Paarl spanpoging kelder Vics
 
2006-01-26


DIE Novel Paarl Krieketklub het Saterdag Victoriane op die Parys-veld met twee paaltjies geklop in sy laaste wedstryd in die eerste rondte van die Boland Superliga klubkompetisie.

Die Paarliete wen die loot en vra die besoekers om te kolf in die versengende hitte. Die Paarl-boulers beperk die besoekers tot 49/3 in die 21ste boulbeurt.

’n Vennootskap van 67 lopies in 18 boulbeurte om die vierde paaltjie tussen F Geldenhuys (57 4x5, 6x1) en L Villet 32 (4x4) help Vics se kolfbeurt weer momentum kry.

Die studente eindig op ’n skaflike 205/9 in sy toegelate 60 boulbeurte met MC Uys (25 4x2) wat ook lopies kry.

Paarl se Lyndon Fredericks (2/28), Godfrey Stevens (2/34) en die immergroen Zurich Muller (4/64) het gesorg dat die kolwers van Victoriane nie werklik hul stempel op die wedstryd kon afdruk nie.

Die tuisspan moes teen ’n kolftempo van 3,4 lopies per boulbeurt kolf vir ’n oorwinning.

Victoriane se boulers S Phillips, K Nieuwoudt en S Buckle knoop egter die Paarliete se sterte en beperk hulle tot 80/5 in 30 boulbeurte.

Hierna het Kurt Martin en Zurich Muller met goeie dissipline gekolf en druk op veldwerkers en boulers geplaas met goeie hardlopwerk tussen die paaltjies.

Hulle behaal dan ook ’n vennootskap van 58 lopies in 17 beurte om die sewende paaltjie voordat Muller (27 4x5) se paaltjie in die 48ste boulbeurt kantel.

Anwell Newman sluit by Martin aan en dié twee sorg vir vuurwerke. Hulle teken ’n blitsige 62 lopies in nege beurte aan voordat Newman (33 4x3, 6x2) sy paaltjie verloor.

Nadat hy die wedstryd met ’n vier wou beklink, word hy in die 57ste beurt uitgevang met die twee spanne se tellings gelyk op 206 lopies.
Vir Victoriane het Nieuwoudt (2/29), Buckle (2/49) en P van
Rensburg (2/65) die paaltjies geneem.

Newman slaan in die 56ste boulbeurt 15 lopies wat een grenshou en twee reuse sesse insluit.

Martin met sy onoorwonne 64 (4x6, 6x1) moker ’n vier vanaf die laaste bal in die 58ste beurt om sodoende ’n sege vir Paarl te
verseker.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za