Kavaliers lyk goed in oefenwedstryde
2006-01-26
DIE afrigterskorps is tevrede met die tweesege wat die Boland Kavaliers Saterdag op Bredasdorp teen die SWD behaal het.
Hoewel die twee spanne van die Kavaliers hul wedstryde 36-24 (19-17) en 24-0 (19-0) gewen het, sę die spanbestuurder, Denver Pienaar dat dit nog te vroeg in die seisoen is om enige afleidings te maak.
"Ons was baie tevrede met die manier waarop die lostrio in albei die wedstryde gekombineer het," het Pienaar gesę.
In die eerste wedstryd het Frankie Horn, Nico Smit, Clemen Lewis en die plaasvervanger flank Angelo Brinkhuys hul SWD-teenstanders aan die raai gehou, terwyl Henley du Plessis, Sebastian Hilpert en Evert Kleynhaüs in die A-span wedstryd uitgeblink het.
Goeie nuus vir die Boland is die terugkeer van sy kaptein, Conrad Burke.
"Burke het Saterdag 'n uitsonderlike wedstryd gehad," het Pienaar gesę.
Die twee Kavaliers-spanne speel Saterdag in nog twee opwarmingswedstryde teen die WP op Boland Stadion. Die wedstryde wat om 15:00 en 16:30 begin sal die oefenwedstryd tussen die Stormers en Southern Spears voorafgaan.
Kaartjies is R20 (R5 vir skoolkinders) en hekke open reeds om 13:30.
* Die Southern Spears span oefen vandag van 16:00 tot 17:00 op die rugbyveld van die Drakenstein Gevangenis.
Dié nuwe Super 14-span van die Suidoos-Kaap word aangevoer deur die oud-Paarliet, Pieter de Villiers.
De Villiers het die o.21 Springbokspan gebrei wat verlede jaar die Węreldebekertoernooi gewen het.
Alle belangstellendes word genooi om die oefening by te woon.
More
News
|