Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos ontwortel Swartlanders

Paarl-Oos ontwortel Swartlanders
 
2006-01-26


DIE boulers van Paarl-Oos Krieketklub se eerste span het Saterdag skaars begin sweet, toe klop hulle vir Malmesbury met 227 lopies.

Dié slagting het op Allandale plaasgevind waar Paarl-Oos ’n reuse 312/5 lopies op die bord gesit het.

Shaun Cuttings (58 4x7, 6x1) en Davids Stevens (94 4x12) het behoorlik onder die boulwerk ingeklim.

Die dag het egter aan Waylain September behoort. Die draaibalbouler is die afgelope tyd al hoër in die kolforde ingespan en hom met groot sukses van sy taak gekwyt.

September se onoorwonne 100 lopies het 15 grenshoue ingesluit.
Dit was omtrent ’n genaelbytery vir September toe hy op 96 die laaste bal van die wedstryd moes tegemoet sien.

Gelukkig kon hy die bal deur die dekveld jaag vir sy laaste grenshou en die genoegdoening van ’n honderdtal op sy telkaart - en dit nadat hy op 34 laat val is.

Paarl-Oos was in die sewende beurt reeds sy eerste paaltjie kwyt met die telling op 20/1.

’n Vennootskap van 120 lopies tussen Stevens en Cuttings, nadat Cuttings op 1 laat val is, het momentum aan die tuisspan se kolfwerk gegee.

Daarna het September en Davids ’n vennootskap van 62 aanmekaar geslaan, en dit is opgevolg deur ’n 69-lopievennootskap tussen September en Godfrey Linee (28 4x5).

Malmesbury se beste bouler was W Bruintjies (4/80 na 15bb).

Die besoekers word in die 21ste beurt uitgeboender vir 85 nadat Jackie Daniels (5/23 in 4,2bb) toeslaan.

Op Malmesbury het die tweede span ewe suksesvol met die tuisspan afgereken.

Malmesbury II kry 101, met J Cicero (43 4x5) wat lopies kry.

Die besoekers kry die totaal sonder om ’n paaltjie te verloor.

Nico Jonck (2/17 na 10bb), Zynodien Fredericks (3/23 na 9bb), Elroy Abrahams (3/19 na 9bb en 52nun), Koos Liebenberg (2/11 na 6bb) en Ashley Pedro (45nun 4x5, 6x1) het vir die Paarliete uitgeblink.

In ’n spannende wedstryd het Paarl-Oos III (294/9 vir Van der Stel (280/10) op New Orleans-veld met 14 lopies geklop.

Werner Erasmus (69 4x10, 6x3), Heinie Coetzee (25 4x5), Garlan Goliath (69 4x8 en 3/48 na 8bb), Evert Jacobs (33 4x4), Dale Uys (2/57 na 10bb) en Donnie van Schoor (2/57 na 10bb) het goed gespeel vir die Paarliete.

Paarl-Oos I (tuis) en II (weg) speel die naweek hul eerste eendagwedstryde teen Bergrivier Krieketklub. Die derde span speel teen Spes Bona op Stellenbosch.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za