Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Landboukongres in Paarl

Landboukongres in Paarl
 
2005-03-31


DIE Agri Wes-Kaap se Paarlstreek-kongres vir landbouverenigings, bedryfsorganisasies en landboubesighede word Donderdag 7 April om 09:00 in die Klein Drakensteinsaal gehou.

Die kongres word aangebied om probleme in die landbou en in landelike gebiede te bespreek.

Besprekingspunte sluit in:
* Dat Wes-Kaapse munisipaliteite dit oorweeg om ‘n persentasie van die eiendomsbelasting wat hulle van al die belastingbetalende boere invorder, aan die plaaslike distrikslandbouverenigings oor te betaal.

* Duidelikheid moet verkry word oor die Padowerhede se verantwoordelikhede ten opsigte van heinings langs paaie en die bestryding van indringerplante in die pad reserwe.

* Sedert November het die damvlakke met 26.4% gesak. Behalwe as buitengewoon baie reën val, sal die damvlakke voortgaan om te sak. Wemmershoekdam is tans 37% vol en die Wes-Kaapse damme is tans gemiddeld 29% vol.

Ander besprekingspunte is Eskomtariewe, voertuiglisensiegeld, onderverdleing van plase, behuising en tolhekke, asook vrugtevliegbeheer.

* By die vergadering van die Wes-Kaapse Veediefstalkomitee het aan die lig gekom dat, met die knellende omstandighede in die graanbedryf, is daar ‘n tendens dat landbouers meer op veeboerdery gaan begin steun. ‘n Dragtige ooi verkoop tans teen R1000 stuk.
Die hoogste voorkoms van veediefstal is in die Boland area.

Polisiestatistiek dui daarop dat die meeste aangemelde voorvalle van veediefstal plaasvind oor naweke en in die laatmiddag van 16:00 tot 20:00.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za