Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


So werk wapenwet nou

So werk wapenwet nou
 
2005-03-31


DIE nuwe wapenwet is geïmplimenteer op 1 Julie. Die meeste ou lisensiehouers is nou baie verward oor die proses oor hoe om te werk te gaan, maar dit is eenvoudig.

Die tydperk van omskakeling gaan volgens ’n persoon se verjaarsdagmaand.

* Mense wat verjaar Januarie tot Maart, registreer tussen 1 Januarie en 31 Desember 2005.

* April tot Junie - 1 Januarie tot 31 Desember 2006.

* Julie tot September - 1 Januarie tot 31 Desember 2007.

* Oktober tot Desember - 1 Januarie tot 31 Desember 2008.

Met die hernuwingsproses moet elke persoon wat in besit is van ’n bestaande vuurwapenlisensie, eers teoretiese opleiding kry by ’n geakkrediteerde opleidingsinstituut.

Die sertifikaat wat u sal ontvang, ná opleiding, moet geneem word na die aangewese polisiebeampte in u woongebied, waarop hulle u dan sal voorsien van die nodige dokumente. Die koste vir aansoek om bevoegdheid is R70 en die aansoek om hernuwing is ook R70.

Mense wat nog nooit ’n vuurwapenlisensie besit het nie, betaal vir bevoegdheid en nuwe aansoek R210.

Vir enige navrae, kontak die beampte in u woongebied:
* Kapt Jones/Insp Harris, Paarl SAPD 807-4012/11/18.
* Insp Morris, Paarl-Oos SAPD 862-6156.
* Sers Ephraim, Mbekweni SAPD 868-3036.
* Insp Petersen, Wellington SAPD 873-3333.
* Insp Leibrandt, Groot Drakenstein 874-8000.
* Insp Johnson, Franschhoek SAPD 876-8061.

Mense wat nog wil aansoek doen vir amnestie, kan vry voel om dit in te dien by enige polisiestasie tot einde Maart.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za