Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diabete ondersteuningsgroepe nou saam

Diabete ondersteuningsgroepe nou saam
 
2006-02-02


DIE Dis-Chem Diabetes Ondersteuningsgroep, geborg deur Dis-Chem Paarl, en die Paarl MediClinic ondersteuningsgroep, het besluit om van 1 Februarie af saam te span.

Hulle sal bekend staan as die Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep en sal ook by Diabetes Suid-Afrika geaffilieer word.

Die redes vir die samesmelting was om koste en duplisering te verminder, sodat daar beter gebruik gemaak kan word van sprekers en onderwerpe.

Die eerste gesamentlike vergadering sal op Woensdag 15 Februarie om 19:30 plaasvind by Paarl MediClinic, waar alle byeenkomste voortaan gehou sal word.

Die spreker is suster Kamaretha Beckert, wat praat oor ‘Medikasie vir die diabeet - 1 en 2’.

Enige diabeet en metgesel is welkom, asook diabete van buurdorpe soos Franschhoek, Wellington, Klapmuts, Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel.

Bywoning van vergaderings is gratis. Navrae by Gerrit Malan, 871-1389.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za